Daar is tans 'n beraamde 5 miljoen Diabete in Suid-Afrika (International Diabetes Federation). Die hartseer realiteit is dat baie van hierdie diabete nie privaat gesondheidsorg kan bekostig nie, en nog minder duur kosse en resepteboeke. MAAR omdat diabetes/bloedsuikervlakke effektief beheer kan word deur wat iemand inneem, het die LowCarb Kombuis 'n Borg-'n-Diabeet gestig - vir slegs R50 kan jy of jou besigheid nou 'n LowCarb Kombuis Resepteboek vir 'n diabeet borg wat dit nie noodwendig andersins kan bekostig nie. Hierdie Resepteboek - LowCarb vir Diabete - is spesifiek deur die LowCarb Kombuis saamgestel vir Suid-Afrikaanse Diabete en spesifiek vir hierdie doel, met hulp, raad, wenke en goedkoop en maklike resepte wat in enige iemand se begroting sal val.
Maak 'n verskil in 'n diabeet se lewe: Borg-'n-Diabeet vandag nog!
All transactions are secure and encrypted.