Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

BOSBESSIE KERSFEESKOEKIES

By (c) Léanda C Retief
BOSBESSIE KERSFEESKOEKIES picture

BOSBESSIE KERSFEESKOEKIES
20 Dae Tot Kersfees  2024 🎄 Nageregte/Soetgoed
(c) Léanda C Retief
Die LowCarb Kombuis 


240 g amandel meel
5 ml bakpoeier
5 ml fyn gemmer
1 ml sout
90 g botter, saggemaak
100 ml xylitol, of versoeter na smaak
1 groot eier
2,5 ml vanilla geursel
60 ml vars bosbessies (cranberries)

Versiersel:
120 g roomkaas, saggemaak
60 ml xylitol/erythritol
15 g klapper olie
1 ml vanilla geursel
60 ml gedroogde bosbessies
50 g suikervrye wit sjokolade (bv Canderel)

Voorverhit die oond tot 325°C en voer ‘n groot bakplaat met bakpapier uit. Meng die amandel meel, bakpoeier, gemmer en sout saam in ‘n mengbak. Klits die botter, versoeter, eier en vanilla saam in ‘n ander mengbak. Meng die meelmengsel by die bottermengsel in en roer dan die bosbessies by. Rol die deeg in balletjies (jy behoort so 15 uit te kry) en plaas ‘n entjie uitmekaar op die bakplaat. Druk die koekies met jou handpalms plat. Bak vir 12-15 minute of tot die koekies begin verbruin – die koekies mag nog rou lyk, maar dit raak bros soos dit afkoel. Laat op die bakplaat afkoel, en verwyder dan versigtig.

Versiersel: Klits die roomkaas en versoeter saam tot goed gemeng. Klits die klapper olie stadig hierby in, gevolg deur die vanilla. Smeer die versiersel oor die koue koekies. Sprinkel die gedroogde bosbessies bo-oor. Smelt die sjokolade in die mikrogolf of oor ‘n bak kookwater en drup dit bo-op die koekies. Bêre die koekies in ‘n lugdigte houer.
15 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.1g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp