🎄BOSBESSIE KERSFEESKOEKIES
240 g amandelmeel
5 ml bakpoeier
5 ml fyn gemmer
1 ml sout
90 g botter, saggemaak
100 ml xylitol, of versoeter na smaak
1 groot eier
2,5 ml vanilla geursel
60 ml bosbessies/cranberries
Versiersel:
120 g roomkaas, saggemaak
60 ml xylitol, of versoeter na smaak
15 g klapper olie
1 ml vanilla geursel
60 ml bosbessies/cranberries (gedroog)
50 g suikervrye wit sjokolade
Voorverhit die oond tot 160°C en voer ‘n groot bakplaat met bakpapier uit. Meng die amandelmeel, bakpoeier, gemmer en sout saam in ‘n mengbak. Klits die botter, versoeter, eier en vanilla saam in ‘n ander mengbak. Meng die meelmengsel by die bottermengsel in en roer dan die bosbessies by. Rol die deeg in balletjies (jy behoort so 15 uit te kry) en plaas ‘n entjie uitmekaar op die bakplaat. Druk die koekies met jou handpalms plat. Bak vir 12-15 minute of tot die koekies begin verbruin – die koekies mag nog rou lyk, maar dit raak bros soos dit afkoel. Laat op die bakplaat afkoel, en verwyder dan versigtig.
Versiersel:
Klits die roomkaas en versoeter saam tot goed gemeng. Klits die klapper olie stadig hierby in, gevolg deur die vanilla. Smeer die versiersel oor die koue koekies. Sprinkel die gedroogde bosbessies bo-oor. Smelt die sjokolade in die mikrogolf of oor ‘n bak kookwater en drup dit bo-op die koekies. Bêre die koekies in ‘n lugdigte houer.
15 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.1g
🎄Kry nog heerlike en spesiale Kersfees-Resepte hier:
Whatsapp - https://chat.whatsapp.com/Eyv3sBqXm0D7janQypjfU2?mode=ems_copy_t
Op ons Channel - https://whatsapp.com/channel/0029VbB087Y5K3zRHLQctJ0o
🎄Die LowCarb Kombuis se LowCarb Kersfeesboek is die LowCarber se boek oor Alles Kersfees! Van voedsellyste, wenke en beplanning vir jou perfekte LowCarb Kersfees, tot 100 Resepte wat insluit Voorgeregte, Slaaie, Groente, Hoofgeregte en Nageregte vir al die Kersfees Gunstelinge: Kerskranse, Koue Sop, Skaapboud, Gammon, Trifle en Gemmerbroodmannetjies - en alles tussinin. Vind meer inligting oor hierdie unieke Resepteboek hier:
https://www.lowcarbkombuis.co.za/products/die-lowcarb-kersfees-resepteboek-leanda-c-retief