Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

BROCCOLI GEREG

By (c) Léanda C Retief
BROCCOLI GEREG picture

BROCCOLI GEREG
20 Dae Tot Kersfees  2024 🎄 Groente/Bykosse
(c) Léanda C Retief
Die LowCarb Kombuis 

500 g broccoli
100 g wortels, in ringetjies gesny
250 g room kaas
30 ml room
5 ml knoffel poeier
100 g uie, fyn gekap
75 g cheddar, gerasper
100 g spek, gaar en fyn gekap

Stoom die broccoli en wortels in bietjie water tot gaar. Dreineer en sny die broccoli in stukkies. Pak dit saam met die wortels in ‘n gesmeerde/gespuite oondvaste bak. Meng die room kaas, room, knoffel poeier en uie saam. Gooi die helfte van die spek hierby in. Geur na smaak. Skep die mengsel oor die broccoli en maak gelyk. Sprinkel die kaas en die res van die spek bo-op en bak teen 180°C vir ongeveer 30 minute tot deurwarm en die kaas gesmelt is. 
Bedien warm.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 4.6g

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp