Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

COLA VARKBOUD met VERSUIKERDE OKKERNEUTE

By ©️ Leanda C. Retief
COLA VARKBOUD met VERSUIKERDE OKKERNEUTE picture

COLA VARKBOUD met VERSUIKERDE OKKERNEUTE
20 Dae Tot Kersfees 2024 🎄 Vleisgeregte
(c) Léanda C Retief
Die LowCarb Kombuis
Bedien hierdie heerlike varkboud met versuikerde okkerneute bo-oor besprinkel. (Natuurlik word die neute nie met regte suiker gemaak nie - resep volg binnekort!)

2 kg vark boud/ontbeende ham
500 ml botteltjie Coke Light/Zero
60 g botter
125 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak

Smeer die prutpot se bak met botter. Verwyder die ham uit die verpakking en plaas in die prutpot. Gooi die Coke bo-oor die ham. Bedek en stel die prutpot op hoog. Kook tot die ham se interne temperatuur 140º bereik – toets die temperatuur met na 60-90 minute. Sodra die ham gaar is, verwyder dit uit die prutpot, sit tinfoelie bo-oor en laat dit rus. Hou 250ml van die vloeistof terug vir die glaseersel.

Coke Glaseersel:
Smelt die botter in ‘n braaipan, voeg die vloeistof van die prutpot by, asook die versoeter. Verhit tot kookpunt en kook oor hoë hitte en klits aanhoudend met ‘n draadklitser. Kook tot die vloeistof met die helfte verminder het en verdik. Laat die mengsel afkoel. Sny die ham in skyfies en verf die mengsel buite om die ham, asook binne in die skyfies.
Per 200 g Porsie * Net Carbs 0g

Vir nog heerlike lowCarb Kersfees-Resepte, volg ons op whatsapp:
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp