Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

EGGNOG NAGEREGGIES

By ©️ Leanda C. Retief
EGGNOG NAGEREGGIES picture

EGGNOG NAGEREGGIES
20 Dae Tot Kersfees 2024 🎄 Nageregte/Soetgoed
(c) Léanda C Retief
Die LowCarb Kombuis

Hierdie nagereggies is heerlik saam met tuisgebakte gemmerbroodmannetjies - hou die webwerf dop vir die resep! Maak van die gemmerbroodmannetjies fyn en gebruik dit as 'n kors vir die nagereggies.

120 g roomkaas 
60 g ongesoute botter 
15 ml kitskoffie poeier/kakao poeier 
4 eiers, geskei
versoeter na smaak 
1 ml kremetart 

Plaas die roomkaas en botter saam in ‘n klein kastrolletjie en verhit oor lae hitte tot gesmelt. Klits die koffie hierby in met ‘n draadklitser. Gooi ‘n bietjie van die mengsel by die eiergele, klits deur en herhaal. Gooi die eiergele by die mengsel en klits deur. Kook die mengsel oor lae hitte tot dit verdik en verwyder dan van hitte. Versoet na smaak – verkieslik met xylitol/erythritol. Klits die eierwitte saam met die kremetart tot stywe punte vorm. Vou die eierwitte versigtig by die koffiemengsel in. Verdeel tussen 4 poeding glasies en plaas in die yskas tot opdiening.
4 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 0.8g

Vir nog heerlike lowCarb Kersfees-Resepte, volg ons op whatsapp:
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp