Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

GEURIGE BLOMKOOL

By (c) Léanda C Retief
GEURIGE BLOMKOOL picture

GEURIGE BLOMKOOL
20 Dae Tot Kersfees 2024 🎄 Groente/Bykosse
(c) Léanda C Retief
Die LowCarb Kombuis

15 ml olie
100 g uie, gekap
1 knoffelhuisie, fyngemaak
400 ml klapper room
30 ml Thai rooikerrie pasta
15 ml lemmetjie sap
600 g blomkool, in blommetjies gesny
100 g groenboontjies, in stukkies gesny
30 g vars koljanderblare, gekerf
1 jalapeno rissie, in dun ringetjies gesny

Verhit die olie in ‘n groot braaipan oor hoë hitte. Voeg die uie by en soteer vir 10  minute tot sag. Voeg knoffel by en soteer vir ‘n verere minuut. Skep die boonste dik laag van die klapper room uit en voeg dit by die uie. Voeg die kerrie pasta by. Roerkook vir 3 minute – wanneer die olie van die mengsel begin skei, voeg die lemmetjie sap en oorblywende klapper room by. Voeg die blomkool en boontjies by, bedek en laat liggies prut vir ongeveer 10 minute of tot die groente sag en gaar is. Geur na smaak. Skep die blomkool uit in ‘n opdienbak en sprinkel die koljander en rissie net voor opdiening by.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.8g
 

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp