🎄GEURIGE BLOMKOOL
15 ml olie
100 g uie, gekap
1 knoffelhuisie, fyngemaak
400 ml klapperroom
30 ml Thai rooikerrie-pasta
15 ml lemmetjie sap
600 g blomkool, in blommetjies gesny
100 g groenboontjies, in stukkies gesny
30 g vars koljanderblare, gekerf
1 jalapeno rissie, in dun ringetjies gesny
Verhit die olie in ‘n groot braaipan oor hoë hitte. Voeg die uie by en soteer vir 10 minute tot sag. Voeg knoffel by en soteer vir ‘n verere minuut. Skep die boonste dik laag van die klapper room uit en voeg dit by die uie. Voeg die kerrie pasta by. Roerkook vir 3 minute – wanneer die olie van die mengsel begin skei, voeg die lemmetjie sap en oorblywende klapper room by. Voeg die blomkool en boontjies by, bedek en laat liggies prut vir ongeveer 10 minute of tot die groente sag en gaar is. Geur na smaak. Skep die blomkool uit in ‘n opdienbak en sprinkel die koljander en rissie net voor opdiening by.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.8g
🎄Kry nog heerlike en spesiale Kersfees-Resepte hier:
Whatsapp - https://chat.whatsapp.com/Eyv3sBqXm0D7janQypjfU2?mode=ems_copy_t
Op ons Channel - https://whatsapp.com/channel/0029VbB087Y5K3zRHLQctJ0o
🎄Die LowCarb Kombuis se LowCarb Kersfeesboek is die LowCarber se boek oor Alles Kersfees! Van voedsellyste, wenke en beplanning vir jou perfekte LowCarb Kersfees, tot 100 Resepte wat insluit Voorgeregte, Slaaie, Groente, Hoofgeregte en Nageregte vir al die Kersfees Gunstelinge: Kerskranse, Koue Sop, Skaapboud, Gammon, Trifle en Gemmerbroodmannetjies - en alles tussinin. Vind meer inligting oor hierdie unieke Resepteboek hier:
https://www.lowcarbkombuis.co.za/products/die-lowcarb-kersfees-resepteboek-leanda-c-retief