KLEURVOLLE GEROOSTERDE GROENTE
20 Dae Tot Kersfees 2024 🎄 Groente/Bykosse
(c) Léanda C Retief
Die LowCarb Kombuis
60 ml olyf olie
300 g blomkool, in klein stukkies gesny
100 g klein kersie tamaties
200 g klein knopie sampioene, afgevee
4 heel knoffelhuisies
50 g uie, in ringe gesny
30 ml droë pietersielie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Voer ‘n bakplaat met bakpapier uit en verf dit met bietjie olie. Pak die blomkool, tamaties, sampioene en knoffel bo-op die bakplaat. Sprinkel die uie en pietersielie bo-oor. Geur na smaak met sout en peper, en gooi die res van die olie oor. Bedek met tinfoelie en bak 20 minute teen 200ºC. Verwyder die tinfoelie en rooster vir ‘n verdere 20 minute, tot die blomkool sag is. Bedien warm.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 3.3g
Vir nog heerlike lowCarb Kersfees-Resepte, volg ons op whatsapp:
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79