Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

KOUE BEET SOP

By (c) Léanda C Retief
KOUE BEET SOP picture

KOUE BEET SOP
20 Dae Tot Kersfees 2024 🎄 Voorgeregte
(c) Léanda C Retief
Die LowCarb Kombuis

Oor die algemeen raai ek nie die gebruik van beet op ‘n LowCarb Dieet aan nie – beet is effe hoog in koolhidrate. Maar dit is immers Kersfees en mens kan maar ‘n uitsondering maak – en beet is definitief een van die beter keuses as dit kom by te veel koolhidrate inneem op Kersdag. Die lekker ding van hierdie sop is dat dit nie gekook hoef te word nie en blitsvinnig is om te maak. Vir die van julle wat nie geweet het nie – hierdie sop is ‘n tradisionele Poolse gereg met die naam van Chlodnik litewski.

4 eiers
500 ml suur room
500 g beet, gekook en fyn gerasper
300 g komkommer, ontpit en fyn gerasper
30 g grasuie, fyn gekap
15 g vars dille, fyn gekap

Kook die eiers hard, laat afkoel en dop af. Sny die eiers in kwarte en laat eenkant. Gooi die room in ‘n groot mengbak, voeg die beet, komkommer, grasuie en dille by en meng goed deur. Geur na smaak met sout en peper. Roer die eiers versigtig by en laat in die yskas vir 24 uur voor opdiening.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 4.8g

Vir nog heerlike lowCarb Kersfees-Resepte, volg ons op whatsapp:
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79

 

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp