🎄KOUE BEETSOP
Oor die algemeen raai ek nie die gebruik van beet op ‘n LowCarb Dieet aan nie – beet is effe hoog in koolhidrate, maar hierdie sop is absoluut heerlik en lyk baie deftig op 'n Kerstafel! En dit is immers Kersfees en mens kan maar ‘n uitsondering maak – en beet is definitief een van die beter keuses as dit kom by te veel koolhidrate inneem op Kersdag. Die lekker ding van hierdie sop is dat dit nie gekook hoef te word nie en blitsvinnig is om te maak. Vir die van julle wat nie geweet het nie – hierdie sop is ‘n tradisionele Poolse gereg met die naam van Chlodnik litewski.
4 eiers
500 ml suur room
500 g beet, gekook en fyn gerasper
300 g komkommer, ontpit en fyn gerasper
30 g grasuie, fyn gekap
15 g vars dille, fyn gekap
Kook die eiers hard, laat afkoel en dop af. Sny die eiers in kwarte en laat eenkant. Gooi die room in ‘n groot mengbak, voeg die beet, komkommer, grasuie en dille by en meng goed deur. Geur na smaak met sout en peper. Roer die eiers versigtig by en laat in die yskas vir 24 uur voor opdiening.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 4.8g
🎄Kry nog heerlike en spesiale Kersfees-Resepte hier:
Whatsapp - https://chat.whatsapp.com/Eyv3sBqXm0D7janQypjfU2?mode=ems_copy_t
Op ons Channel - https://whatsapp.com/channel/0029VbB087Y5K3zRHLQctJ0o
🎄Die LowCarb Kombuis se LowCarb Kersfeesboek is die LowCarber se boek oor Alles Kersfees! Van voedsellyste, wenke en beplanning vir jou perfekte LowCarb Kersfees, tot 100 Resepte wat insluit Voorgeregte, Slaaie, Groente, Hoofgeregte en Nageregte vir al die Kersfees Gunstelinge: Kerskranse, Koue Sop, Skaapboud, Gammon, Trifle en Gemmerbroodmannetjies - en alles tussinin. Vind meer inligting oor hierdie unieke Resepteboek hier:
https://www.lowcarbkombuis.co.za/products/die-lowcarb-kersfees-resepteboek-leanda-c-retief