Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

LowCarb STOPSEL/STUFFING VIR HOENDER OF KALKOEN

By ©️ Leanda C. Retief
LowCarb STOPSEL/STUFFING VIR HOENDER OF KALKOEN picture

LowCarb STOPSEL/STUFFING VIR HOENDER OF KALKOEN
20 Dae Tot Kersfees 2024 🎄 Vleisgeregte
(c) Léanda C Retief
Die LowCarb Kombuis

4 LowCarb Kitsbroodjies (van jou keuse), voorberei 
500 g maalvleis (vark of bees, of ‘n kombinasie 
200 g spek, fyn gekap 
100 g botter 
100 g uie, fyn gekap 
75 g seldery, fyn gekap 
1 knoffelhuisie, fyngemaak 
7,5 ml hoender speserye 
2,5 ml varsgemaalde swart peper 
30 g vars pietersielie, fyn gekap 
125-250 ml hoender aftreksel 

Voorverhit die oond tot 180ºC. Smeer/spuit ‘n vierkantige oondvaste bak enhou eenkant. Sny die Kitsbroodjies in kleinerige blokkies en pak dit in ‘n enkellaag op ‘n bakplaat. Bak vir 15-20 minute, roer halfpad tydens die baktyd om. Bak tot die brood droog is. (As jy ‘n lugbraaier besit, kan jy die blokkies baie vinnig en maklik in die lugbraaier uitdroog ook.) Verhit bietjie olie in ‘n braaipan en braai die maalvleis en spek tot gaar. Verwyder uit die pan met ‘n gaatjieslepel, sodat die vet kan agterbly. Smelt die botter en voeg die uie en seldery by, soteer vir ongeveer 10 minute tot sag. Voeg die knoffel by, soteer vir 1 minuut. Gooi die broodblokkies in ‘n groot mengbak – voeg nou die vleis, speserye, peper en pietersielie by en roer goed deur. Voeg die aftreksel bietjie-bietjie deur en roer tot die mengsel net aangeklam is (die brood moenie ‘n pappery wees nie). Skep uit in die voorbereide glasbak, bedek en bak vir 30 minute, verwyder die deksel en bak vir ‘n verdere 15 minute. Gebruik hierdie mengsel om ‘n hoender of kalkoen te stop – maak die hoender of kalkoen gaar soos gewoonlik.

Vir nog heerlike lowCarb Kersfees-Resepte, volg ons op whatsapp:
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79
 

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp