300 ml room
3 eiers
30 ml xylitol/erythritol, of versoeter na smaak
10 ml vanilla geursel
Verhit die room stadig tot net voor kookpunt. Klits die eiers, versoeter en vanilla goed saam. Skep 'n groot lepelvol van die warm room en klits dit by die eiermengel in, herhaal 2-3 keer. Gooi dan die eiermengsel by die room en klits goed met 'n draadklitser. Verlaag die hitte sodat dit nie kook nie. Roerkook tot die vla-sous verdik.
8 Porsies * Per 30ml/Porsie * Net Carbs 1.9g
❤️ Leanda se LowCarb Wenk:
- Roer lepelsvol van die warm room by die eiermengsel in - dit verhoog die eiers se temperatuur geleidelik en keer dat dit skif (dit is wat gebeur as eiers te vinnig in 'n warm vloeistof gegooi word sodat dit kook). Op hierdie manier verseker dit dat die eiers egalig warm word en 'n dik sous verseker.
- Ek vind dat wanneer souse gemaak word wat moet verdik, is dit vinniger in 'n groot braaipan as in 'n kastrol. Die oppervlak in 'n braaipan is groter, dus verdamp meer van die vloeistof vinniger om 'n dik sous te verseker.
❤️ Vir nog heerlike LowCarb Resepte, sluit by die LowCarb Kombuis Whatsapp-groepie aan:
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79