Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

OORNAG-LAAGSLAAI

By ©️ Leanda C. Retief
OORNAG-LAAGSLAAI picture

OORNAG-LAAGSLAAI
20 Dae Tot Kersfees  2024 🎄 Slaaie
(c) Léanda C Retief
Die LowCarb Kombuis 
Ek het altyd laagslaaie in ‘n diep, ronde bak gemaak, maar dit werk net so goed in ‘n vlakker, vierkantige/langwerpige glasbak  – in plaas van lae, kan jy die bestanddele “meng” op die basis  van blaarslaai. Een van daardie slaairesepte waarmee heerlik eksperimenteer kan word!

350 g blaarslaai, fyn gekerf
80 g rooi uie, fyn gekap
100 g gevriesde ertjies, ontdooi
50 g mozzarella, in repe gesny
200 g artisjok harte, liggies gestoom en in repe gesny
50 g swart olywe, ontpit
400 g spek, gebraai en fyn gekap (hou bietjie vir bo-oor)
190 ml mayonnaise
190 ml suur room
30 ml xylitol, of versoeter na smaak
sout en varsgemaalde swart peper na smaak
75 g cheddar, grof gerasper

Plaas die blaarslaai onder in ‘n reghoekige glasbak. Rangskik die uie, ertjies, mozzarella, artisjokke, olywe en spek in lae bo-op. Rangskik die uie, ertjies, mozzarella, artisjokke, olywe en spek in lae bo-op. Meng die mayonnaise, suur room, versoeter, sout en peper na smaak saam en skep dit bo-oor die slaai. Sprinkel die spek en cheddar bo-oor. Bedek en laat oornag in die yskas voor opdiening.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 4.5g

Leanda se LowCarb Wenk:
Jy kan enige LowCarb-toelaatbare groente vir hierdie slaai gebruik - soos stukkies brocoli, komkommer, tamatie, agurkies, groen olywe, blokkies cheddar, feta. Jy kan selfs 'n laag dungesnyde eier onder die mayonnaise-laag pak.

Vir nog heerlike lowCarb Kersfees-Resepte, volg ons op whatsapp:
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp