"PASTA" SLAAI
20 Dae Tot Kersfees 2024 🎄 Slaaie
(c) Léanda C Retief
Die LowCarb Kombuis
150 g komkommer
50 g wortels
30 g grasuie, fyn gekap
15 g vars koljander
15 g vars ment
30 g grondboontjies, grof gekap
2 hardgekookte eiers, fyngekap
Sous:
30 ml lemmetjie sap
45 ml sesame olie
45 ml soja sous
15 ml rissie vlokkies, of na smaak
15 ml xylitol, of versoeter na smaak
1 knoffelhuisie, fyngemaak
Spiraliseer die komkommer en wortels en plaas in ‘n groot mengbak. Voeg die grasuie, koljander en ment by en meng liggies deur.
Plaas al die sousbestanddele in ‘n fles met ‘n toeskroef-deksel en skud goed. Gooi die sous oor die slaai en meng versigtig deur. Skep uit in ‘n slaaibak en sprinkel die neute en eiers net voor opdiening oor.