SPEK-KERSBOOMPIES
20 Dae Tot Kersfees 2024 🎄 Voorgeregte
(c) Léanda C Retief
Die LowCarb Kombuis
175 g mozzarella, gerasper
30 g roomkaas
90 g amandel meel
1 eier
200 g streepspek
Voorverhit die oond tot 200ºC. Meng die mozzarealla en roomkaas saam in ‘n glasbak. Mikrogolf op hoog vir 30 sekondes, roer om en herhaal tot die kaas gesmelt is. Voeg die amandel meel by, roer deur en voeg dan die eier by. Meng tot ‘n hanteerbare deeg. Plaas die deeg tussen twee lae bakpapier en rol dit dunnerig uit. Sny die deeg in 8 lang repe met ‘n pizzasnyer. Plaas ‘n spek reep bo op elke deeg-reep en vorm dit soos ‘n kersboom op ‘n sosaite stokkie. Pak die boompies op ‘n bakplaat en bak vir 10-15 minute tot goudbruin en gaar.
8 Porsies * Per Porsie * Net Carbs 2.0g
Vir nog heerlike lowCarb Kersfees-Resepte, volg ons op whatsapp:
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79