Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !

VINGERHAPPIE KERSKRANS

By ©️ Leanda C. Retief
VINGERHAPPIE KERSKRANS picture

VINGERHAPPIE KERSKRANS
20 Dae Tot Kersfees 2024 🎄 Voorgeregte
(c) Léanda C Retief
Die LowCarb Kombuis
Daar word nie hoeveelhede vir hierdie vingerhappies gegee nie, want dit gaan afhang van die hoeveelheid wat jy maak – maar slegs LowCarb-toelaatbare bestanddele word hiervoor gebruik.

Jy het die volgende nodig:
• Skyfies salami
• Feta blokkies
• Groen olywe
• Swart olywe
• Kersie tamaties
• Piekel uitjies, opsioneel
• Klein dill agurkies

Vou die salami skyfies in kwarte en halveer die kersie tamaties, skep die pitjies met ‘n teelepel uit. Sny die piekel uitjies in kwarte, as jy dit gaan gebruik. Ryg die bestanddele op klein sosatie-stokkies – begin met ‘n swart olyf en eindig met ‘n groen olyf. Rangskik die stokkies in ‘n sirkel op ‘n ronde bord. Verkoel voor opdiening.

Vir nog heerlike lowCarb Kersfees-Resepte, volg ons op whatsapp:
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79
 

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp