🎄 18 WEKE LOWCARB SPYSKAARTE EN 1000e RESEPTE
18 WEKE LOWCARB SPYSKAARTE EN 1000e RESEPTE
PLUS GRATIS LOWCARB KITS-GIDS
DIE SPYSKAARTE/MENU's
* Elke Spyskaart is vir een week - met etes vir Ontbyt, Middagete, Aandete en Happies. Jy ontvang 12 Spyskaarte, dus is dit idees vir 252 etes.
* Spyskaarte is in tabelvorm uiteengesit, wat maklike uitruilings moontlik maak. Eet nie iets nie? Vervang dit net met iets anders uit een van die ander Spyskaarte.
* Elke Resep in die Spyskaart se Net Carb-inhoud word aangedui - dus as jy 'n uitruiling maak, trek jy net die Net Carbs van wat jy nie eet nie af, en tel die Net Carbs van dit wat jy eet, by.
* Totale Net Carb-inhoud van die dag se etes word ook op die tabel aangedui.
* Spyskaarte is uitgewerk om maklike en vinnige etes te verseker, maar veral ook ekonomies.
* Wye verskeidendheid van etes word in die Spyskaarte verskaf - van ontbytgeregte (ontbytpap, beskuit en allerhande tipes eiers), slaaie (vir hoofgeregte en bygeregte) tot sop, broodjies (selfs vetkoek), soutterte, groente vir bygeregte en vleis (hoofsaaklik bees, vark en hoender) en vis/seekos.
DIE RESEPTE
Al die Resepte wat in die Spyskaarte gebruik word, word saam met die Spyskaart verskaf.
* Resepte is in maklike onderafdelings verdeel.
* Elke Resep het 'n volkleurfoto.
* Elke Resep se aantal porsies en Net Carbs per porsie word aangedui.