Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !
AIRFRYER VIR LOWCARBERS - Volume 2

AIRFRYER VIR LOWCARBERS - Volume 2

R 250 Sale R 450

"Léanda, ek het al jou resepteboeke en ek wil net vir jou sê dat die Airfryer die BESTE een is wat jy ooit gedoen het! Ek het die inleiding baie interessant gevind en die resepte is so maklik en heerlik." 
Trudie, Swellendam

"Ek het nooit besef dat die Airfryer so handig vir LowCarbers kan wees nie! Baie dankie vir hierdie fantastiese boek, Leanda." Anna, PE

En dit is maar net 'n bietjie van die terugvoer wat ek oor Die Airfryer vir LowCarbers Volume1 ontvang het - en daarom het ek Volume 2 ook gedoen. AirFryer Volume 1 het baie gefokus op tegnieke, metodes en wenke om jou AirFryer tot die beste te benut, asook 'n versameling maklike en vinnige resepte. Maar in Volume 2 is die fokus meer op vinnige, maklike en goedkoop resepte vir die Airfryer - na ek Volume 1 gedoen het, het daar nog 'n hele versameling staatmakers oorgebly wat ek nie in die eerste boek ingesluit het nie, asook 'n aantal nuwe treffers wat ek intussentyd uitprobeer het. 

In Volume 2 konsentreer ons ook op meer:
Ligte Etes (broodjies, soutterte, ens) 
Kitskos-Etes (soos pizza en hamburgers)
nog Groente
nog Hoofgeregte 
Vinnige en Maklike Happies
nog Soetgoed/Nageregte. 

Airfryer Volume 2 bevat 'n versameling van ongeveer 150 resepte, met volledige voedingsanalises (Fat, Proteien, Total Carbs, Net Carbs en Kilojoules).

🍗 Volg hierdie skakel vir Die Airfryer Volume 1:
https://www.lowcarbkombuis.co.za/products/airfryer-vir-lowcarbers-volume-1/
 

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp