Die Karnivoor Dieet is besig om vinnig veld te wen as een tipe LowCarb/koolhidraat-beperkende dieet. Meeste mense ondervind dat dit fantasties werk - veral vinnige en maklike gewigsverliese tot gevolg het. Die grootste mite egter, is dat dit 'n Dieet is wat SLEGS UIT VLEIS bestaan. Die waarheid is meer dat die Karnivoor Dieet die oorgrote meerderheid van plantaardige materiaal uitsluit, dws as dit van 'n plant afkomstig is, word dit nie ingeneem nie. Maar as jy dink gebraaide tjops en steak en hoender is al wat jy vir dae gaan eet, is jy baie verkeerd.
Jy weet reeds dat Die Karnivoor Dieet behels hoofsaaklik 'n lae koolhidraat eetplan waar ons alle vorms van plantaardige voedsel grotendeels uitsluit. Maar het jy geweet dat Karnivoor is baie meer as net 'n versameling gebraaide vleisresepte? Die teorie agter die konsep is interessant, dit is noodsaaklik dat jy weet hoe die Dieet en macro's werk. En het jy geweet dat "bone broth" 'n noodsaaklike bestanddeel in feitlik alle Karnivoor resepte is? EN het jy geweet dat heuning (ja HEUNING!) actually aanbeveel word in die gebruik van STRENG Karnivoor? Ek wed jou jy het dit nie geweet nie, en weet ook nie waarom nie! Het jy geweet dat Karnivoor uitstekende gewigsverlies tot gevolg het as jy dit kombineer met "standaard LowCarb en/of AFwisselende Vas/IF?
Hierdie tipe info kry jy slegs in 'n deeglik nagevorsde en eenvoudig geskryfde LowCarb Kombuis Gids.
Soos al Die LowCarb Kombuis se Gidse, is hierdie een ordentlik nagevors en eenvoudig omskryf sodat jy presies weet hoekom dit werk en hoe dit werk. Wat jy in hierdie boek sal vind is:
* 'n Deeglike beskrywing van Karnivoor
* Voedsellyste wat geeet mag word en wat nie
* Waarom macro's noodsaaklik is op Karnivoor
* Gesondheidsvoordele en nadele
* Wenke vir die volg van Karnivoor
* PLUS Uitgewerkte Spyskaarte
* PLUS 'n groot versameling noodsaaklike Karnivoor Resepte, met volledige voedingsanalises.