Die LowCarb MUFFIN-BOEK
Nou ek weet hierdie Resepteboek is een waarvoor baie mense al baie lank wag - 'n Resepteboek net oor Muffins, spesiaal vir LowCarbers (diabete, verslankers, gluten-intolerante - of enige iemand wat hulle koolhidraat-inhoud wil beperk). Muffins is ekonomies, ongelooflik maklik en vinnig om te maak - en die ideale eetdingetjie vir ontbyt, middagete, inpak skool/werk toe of sommer net wanneer die lus vir ietsie soets jou beetpak.
Die LowCarb Muffinboek bevat alles wat jy nodig het om die heerlikste LowCarb Muffins self te bak!
Inleidinde hoofstukke oor LowCarb, wat om te eet en nie te eet nie.
Volledige en omvattende bespreking van LowCarb bestanddele (soos die verskillende toelaatbare LowCarb meel, versoeters, kollageen poeier, proteien poeier, xanthan gum, ens)
Wenke vir die bak van perfekte LowCarb Muffins
Soos toerusting - en alles wat jy van Muffins bak moet weet.
En dan, 'n versameling van die beste, lekkerste en beproefde (en vinnigste - en soos gewoonlik, mees ekonomiese) LowCarb Resepte vir Muffins - enige iets van Vesel, Sjokolade, Piesang, Wortel, Donut en selfs Pannekoek Muffins.