Hierdie is 'n projek van amper vyf jaar wat nou voltooi is - en ek het eers met die finale oorgaan besef presies watter waardevolle en unieke boek hierdie vir LowCarbers is... Veral daardie LowCarbers wat dink dat jy geen meer vrugte mag inneem nie. Jy MAG, as jy WEET HOE - en ek vertel jou presies hoe in hierdie boek.
En... Die Resepte! Weet jy hoe lekker gaan aarbei en spek saam? Waatlemoen en feta? Spanspek en mint? Mis die rosyntjies in bobotie? Wat van perske en koejawel konfyt? Ek sien jy gaan - MAAR LEANDA EK MAG NIE! En ek kan nou vir jou vertel - JY MAG!
Vind uit hoe, met die Splinternuwe Opwindende en Unieke LowCarb Vrugteboek!
Wetenskaplik uitgewerk - en heeltemal toelaatbaar!
Saam met die belangrike inligting oor LowCarb en Vrugte, is daar ook 'n versameling van 208 LowCarb Resepte.
Ontbytgeregte - Ontbytpap, Ander Ontbytgeregte
Broodjies & Ander Gebak - Broodjies en Rolletjies, Beskuit, Plaatkoekies en Pannekoek, Muffins
Slaaie - As Hoofete, As Bygereg
Hoofgeregte - Beesgeregte, Hoender, Skaap/Lam, Vark en Vis/Seekos
Soetgoed - Nageregte, Roomys, Koeke en Terte, Koekies, Stafies en Vetbomme, Konfyt
Drinkgoed - Smoothies, Ander Drankies
Met volledige voedingsanalises.
En nee, hierdie is nie resepte met "bedien met opgechopte aarbeie bo-oor" nie - vrugte word in die resep inkorporeer op nuwe en unieke maniere om dit vir jou heerlik te maak.
Ek werk al VYF JAAR aan hierdie boek! Hierdie is die een boek wat jy wil aankoop!