Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !
EEN POT, TWEE PLANNE ❤️ Leanda C Retief

EEN POT, TWEE PLANNE ❤️ Leanda C Retief

R 245 Sale R 495

🍕 EEN POT, TWEE PLANNE
Die LowCarb Kombuisᵀᴹ
© Leanda C Retief

Hierdie is uniek, eerste in Afrikaans en 'n noodsaaklikheid vir enige LowCarber met 'n gesin! 

Een van die grootste kopkrappe wat ek oor en oor by LowCarbers hoor, is: “Maar wat kook ek vir my gesin?”
Want dis maklik om te sê: “Eet net LowCarb.”
Maar in ’n regte huis is daar kinders, mans, oumas, kosblikke, honger mense en iemand wat vra: “Is daar nie rys of pasta nie?” 😅

Daarom het ek 💙 EEN POT, TWEE PLANNE geskep.
Hierdie boek help jou om een basis-ete te kook — en dit dan op twee maniere te bedien:
💙 LowCarb vir jou
🍽️ Gewone gesinskos vir hulle

Oor die Etes:
⭐ Elke dag het 'n HOOFETE - wat LowCarbtoelaatbaar is.
Aanwysings/alternatiewe vir nie-LowCarb of hoe om die ete te rek en resep-nota's en alternatiewe en besparingswenke word verskaf.
⭐ En dan BYKOSSE - LowCarbkos word gegee, asook Gesinskos alternatiewe (wat gewoonlik baie goedkoper is). Ek leer jou hoe om dit so te doen dat jy NIE 3 bakke en 4 kastrolle vuilmaak of eers voel jy "kook apart" nie. Dan is daar ook Bykos vir Almal, wat geskik is vir beide LowCarbers en nie-LowCarbers.

Jy ontvang:
Die splinternuwe Groen Lys (vir maklike Maaltydbeplanning)
Alles oor LowCarb en 'n LowCarb Dieet
Die Een Pot, Twee Planne Beginsel - met volledige instruksies hoe dit werk, uitruilings en slim maniere om LowCarb EN nie-LowCarb te kook sonder om jou kombuis soos 'n slagveld te laat lyk.
PLUS 'n Maand-Spyskaart vir Hoofgeregte en LowCarbkos en Gesinskos.

Bly langer suksesvol op LowCarb
Spaar geld deur NIE jou hele familie te LowCarb (as dit nie nodig is nie).
Met spesifieke instruksies, uitruilings, byvoegings, resepte, NetCarb-inhoud, resep wenke (waar van toepassing) en foto's!
 

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp