Hierdie is basies 'n elektroniese kombuisskaaltjie wat in 'n lepel/scoop ingebou is. Gebruik is verspot-maklik: Jy skep die kos/item uit, die skaaltjie meet dit en se vir jou hoeveel gram in die lepel/scoop is.
Hierdie is baie handig wanneer jy resepte wil volg waar die mates en voedingsanalises reeds uitgewerk is - dit maak die afmeet van die bestanddele net soveel meer akkuraat en makliker.
⭐ KENMERKE:
* Slegs een "lepel" wat afgehaal kan word vir makliker skoonmaak.
* Plastiek, LCD Display, 0-500g kapasiteit, weeg in g, oz, ct, gn
* Produk: Lengte 23cm (met lepel), breedte 6cm, weeg 46g
* Werk met Battery (ingesluit)
* Beskikbaar in: Swart, Wit, Geel, Groen, Bruin en 'n funky Pienk
⭐ ELEKTRONIESE MAATLEPEL #1
R175 - Koerier Uitgesluit
Vir meer inligting oor bestellings en koerier-opsies whatsapp ELEKLEPEL1 na 061 518 0246.