KETOVORE 🥩 Spyskaarte & Resepte
Die LowCarb Kombuis het vir julle die Karnivoor Dieet gebring
En nou is daar 'n spinternuwe en opwindende Spyskaart & Resepte (met Inkopielyste) vir
KETOVORE (KETO + CARNIVORE = KETOVORE)
Eerstens is dit baie belangrik om te onthou dat ALLES wat jy nodig het om 'n Karnivoor Dieet suksesvol te volg, reeds in Die Karnivoor Dieetboek omskryf is. Die Karnivoor Dieet is jou "basis" - dit leer jou wat en wanneer om te eet en daar is voorbeeld Spyskaarte en Noodsaaklike Resepte.
MAAR as jy nie lus voel om jou eie Spyskaarte vir 'n langer tyd uit te werk nie, dit is waar die Ketovore Spyskaarte & Resepte inkom. Die idee is nie om Die Karnivoor Dieet te vervang nie - dit maak slegs EEN van die drie tipes Karnivoor-Dieet 'n bietjie makliker, volhoubaarder en hopelik meer suksesvol vir jou.
Die rede waarom KETOVORE addisionele Spyskaarte en Resepte benodig, is omdat dit nie altyd so maklik is om verskeidenheid met so 'n beperte hoeveelheid kosse te handhaaf nie - en eentonigheid is ons almal se ondergang. Onthou dat ons wel bietjie plantaardige kosse (soos groente, slaaie en neute) op Ketovore mag inneem, maar met 'n maksimum van 10g Net Carbs per dag - en dit is eintlik baie min koolhidrate. Enige dieet moet lekker en opwindend wees - en dit is wat ek vir jou gedoen het met die opstel van hierdie Spyskaart. Ketovore is dan ook die tipe Karnivoor wat die meeste koolhidrate/Net Carbs bevat, en dus ook 'n bietjie meer verskeidenheid het.
KETOVORE Spyskaarte en Resepte sluit in:
* Die basiese toelaatbare kosse vir 'n Ketovore Dieet (dws alles wat op Streng en Standaard Karnivoor toegelaat word, plus beperkte hoeveelhede slaaie, groente, neute en sade.
* Uitruilbare Spyskaarte met macro's vir een maand - met hoeveelhede en verskeidendheid (want wie kan heeldag net eiers, vleis, kasserols en groen slaai eet?)
* Al die Resepte wat jy nodig het vir die Spyskaarte, PLUS 'n paar ekstra en noodsaaklike Resepte.
* Inkopielyste vir elke week - maak dit vir jou maklik om te begroot!
🥩 BAIE BELANGRIK: Ek het nie al die wetenskap, agtergrond en wenke oor Die Karnivoor Dieet as dieetkonse in hierdie boek herhaal nie - hierdie boek se een-en-enigste doel is ADDISIONELE Spyskaarte/Menu's en Resepte om die volg van die Standaard Karnivoor Dieet vir jou makliker te maak. Vir hierdie tipe inligting/wenke, sien asseblief Die Karnivoor Dieet hier:
https://www.lowcarbkombuis.co.za/products/die-karnivoor-dieet/
🥩 Vir STRENG KARNIVOOR Spyskaarte en Resepte:
ttps://www.lowcarbkombuis.co.za/products/streng-karnivoor-dieet-spyskaarte-resepte/
🥩 Vir STANDAARD KARNIVOOR Spyskaarte en Resepte:
https://www.lowcarbkombuis.co.za/products/standaard-karnivoor-dieet-spyskaarte-resepte/