LOWCARB DIEET & KOMBUIS BEPLANNER ❤️ Leanda C Retief
📆 LOWCARB DIEET & KOMBUIS BEPLANNER
Die LowCarb Kombuisᵀᴹ
© Leanda C Retief
Voel jy oorweldig en moedeloos met jou dieet en moeg om so te voel?
Voel alles net te veel en te deurmekaar?
Weet jy nie waar om te begin nie - voel jy verlore?
Eerste in Afrikaans 💕 LOWCARB DIEET & KOMBUIS BEPLANNER
Junk Journals en Planners en Trackers is 'n redelike nuwe konsep in Suid-Afrika en vandat ek myne begin gebruik het, kon ek nog nie ophou invul en beplan nie - dis verslawend! En wat dit nog meer awesome maak, is dat dit nie op my selfoon is nie! Daar is iets truely magical om met 'n pen en papier te sit en beplan en te sienhoe jy orde vind. En nie netdit nie - die Beplanner lyk pragtig en is 'n plesier om mee te werk!
Die Beplanner sluit in - onder andere:
⭐ Jou Dag op 'n Blad
⭐ Jou Liggaamstatistieke - gewig en macros en BMI en al daai dinge
⭐ Die SPLINTERNUWE bygewerkte LowCarb Groen Lys - dit hoort teen jou yskas!
⭐'n Verskeidenheid Daaglikse Weeklikse & Maandelikse Maaltydbeplanners - jy sal een vind waarvan jy hou!
⭐ Dieet Beplanners soos Waterdrink en AFWisselende Vas Beplanners en Macro-Beplanners, Jou Gunsteling LowCarb en Nie-LowCarb Kosse, Reseptekaarte, Rekord vir jou LowCarb Kombuis Resepteboeke, Maandelikse Kosbegrotings, Inkopielyste en nog soveel meer!
Daar is 45 printable bladsye vir ALLES wat jy mag nodig kry, en nog meer.
PDF-formaat.