🖤 LowCarb DRINKGOED
Tuisgemaakte LowCarb koeldrank en drinkgoed is GESONDER vir jou, en op die lang duur, ook baie goedkoper. Hierdie boek bevat alles wat jy moet weet - van LowCarb bestanddele, versoeters en ander interessanthede - om jou eie tuisgemaakte LowCarb Koeldrank te maak. LowCarb Drinkgoed sluit in:
ALLES OOR WATER - met alles wat jy van water moet wees, plus vrugte-gegeurde water (infused water), sole water en elektroliet-drankies (wat uitstekend is vir koolhidraat-onttrekking!)
KOELDRANK EN STROOP - met alles oor hoe om jou eie LowCarb koeldrankstroop/cordial te maak (die Drink-oo-Pop Koeldrankstroop is 'n wenner!) en resepte vir alles van Creme Soda tot Gemmerbier, Lemonade en Bessiestroop
YSTEE - met wenke en resepte vir allerhande tipes ystee, asook grootmaat (en spotgoedkoop) vir baie mense op warm dae.
En dan 'n spesiale afdeling oor ALKOHOLIESE DRANKIES - met inligting oor wat toelaatbaar is en wat nie, voedingsanalises, wenke en resepte.