Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !
LowCarb Onthaal - SKEMERKELKIES

LowCarb Onthaal - SKEMERKELKIES

R 50 Sale R 300

Nou ek weet sommer 'n paar mense gaan BAIE opgewonde wees oor hierdie Resepteboek - ek kry dikwels versoeke oor 'n boek vir partytjies, met handgoedjies en drankies. Nou ons kan almal frikkadelletjies en cocktail worsies en tamatietjies op 'n bord uitpak, maar het jy geweet jy kan sausage rolls en ander pasteitjies op LowCarb? Kraakbeskuitjies en chipperige goedjies met dip? En dit is waaroor hierdie Resepteboek gaan - platters en sout goedjies vir enige iets van snacks voor 'n braai, tot wanneer jy 'n bordjie sout moet saamneem na 'n funksie, tot 'n verjaarsdag of deftige skemerkelkie. As jy hou van mense oornooi, onthaal of net self lus voel vir 'n sausage roll of wonder watter lang drankie jy oor 'n naweek kan drink - dan is hierdie Resepteboek vir jou.

LowCarb Onthaal - Skemerkelkies bestaan uit:
Inleidende Hoofstukke oor 'n LowCarb Dieet - wat om te eet en nie te eet nie, wenke en ander interessasnthede.
Skemerkelkie Resepte - Hierdie Resepteboek bevat alles - van platters (wat jy daarop kan sit, idees en fotos ter illustrasie) tot Resepte vir allerhande handgoedjies, soos:
Vleiserigheid: Frikkadelletjies, mini sosaties, taai hoendervlerkies en nog vele meer.
Kraakbeskuitjies: Van kraakbeskuitjies met saadjies, tot meer "chipperige" kraakbeskuitjies, PLUS 'n versameling dips en doopsouse wat daarmee saamgaan.
Groenterigheid: Ook meer bekend as crudites - met idees, foto's en opdienvoorstelle.
Pasteitjies - van sausage rolls tot pasteitjies en deegwiele, met allerhande heerlike vulsels.
En dan natuurlik - Drankies - van alkoholiese/cocktail tipe drankies, tot nie-alkoholiese drankies.

Volkleurfoto's word deur die boek versprei en elke Resep bevat 'n volledige voedingsanalise (Kilojoules, Fat, Protein, Total Carbs en Net Carbs).

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp