Baie Welkom by Die LowCarb Kombuis !
LowCarb ☀️ SOMERLYFIE-PAKKET
LowCarb ☀️ SOMERLYFIE-PAKKET
LowCarb ☀️ SOMERLYFIE-PAKKET
LowCarb ☀️ SOMERLYFIE-PAKKET

LowCarb ☀️ SOMERLYFIE-PAKKET

R 100 Sale R 750

Die Somerlyfie Pakket is een van die beste en mees suksesvolste maniere om suksesvol gewig te verloor, want dit gee jou basies 'n "all in one" van alles wat jy nodig het, plus 'n magdom ekstra's! Al wat dit vat is drie weke, en binne drie weke sal jy 'n paar kilogramme afskud en tonne energie bykry. Die Pakket is spesiaal saamgestel uit jare se LowCarb ondervinding en coaching, en help jou om die oorgang vanaf 'n HighCarb na LowCarb Dieet so maklik as moontlik te maak.

Die LowCarb Somerpakket sluit in:

☀️ DRIE WEKE LowCarb BOOTCAMP MENU, met 'n volledige uiteensetting van hoe LowCarb werk, die Groen Lys, Belangrikheid van Water, Positiewe en Negatiewe dinge van LowCarb en my spesiale Oorlewingsgids vir die eerste week. PLUS 'n volledige DRIE WEKE-Spyskaart met etes vir Ontbyt, Middagete en Aandete, met die Net Carbs reeds uitgewerk. Resepte vir hierdie plan is gekies om kook-en-baktyd in die kombuis te verminder. Jy kry ook 'n Happie/Snacks dokument met geskikte happies vir tussenin-peusel.

☀️ SOMER LowCarb vir Lewe eTydskrif - propvol belangrike wenke en interessante artikels oor LowCarb Somer, plus die heerlikste resepte vir die warmer dae.

☀️  LowCarb SLAAIE Mini-Resepteboek bevat 'n seleksie heerlike Slaai-Resepte, plus voedingsanalises en info oor slaai-groente.

☀️  LowCarb GROENTE Mini-Resepteboek bevat 'n seleksie heerlike Groente/Bykosse-Resepte (ideaal vir saam met braai of vakansie hou), plus voedingsanalises en info oor LowCarbtoelaatbare groente.

☀️  LowCarb SMOOTHIES Mini-Resepteboek bevat 'n seleksie heerlike Smoothie-Resepte vir vinnige etes. 

☀️  LowCarb BESSIES Mini-Resepteboek bevat 'n seleksie heerlike Bessie-Resepte, plus voedingsanalises en info oor bessies - omdat Somertyd Bessietyd is!

☀️  LowCarb Skokterapie Dokument - Skok vir 3-5  dae NA jou Drie-Weke BootCamp vir MAKSIMUM gewigsverlies.

☀️  Oefenblaaie - Oefenlaaie met oefeninge vir 'n plat magie, stywe boudjies, ferm arms en dunner bobene, plus hoe om met 'n stapprogram te begin.

☀️  Ekstra's Mates & Gewig Infoblad, Gewigsverlies-Rekord, Dieet Dagboek en Dagbeplanner.


Hierdie kompakte pakket verskaf alles wat jy nodig het om jou leefstyl te verander tydens hierdie warmer dae, en jou gewig en gesondheid te verbeter! Bestel jou kopie nou - daar is nooit 'n beter tyd as nou nie!

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp