STANDAARD KARNIVOOR DIEET 🥩 Spyskaarte & Resepte
Die LowCarb Kombuis het vir julle die Karnivoor Dieet gebring
En nou is daar 'n spinternuwe en opwindende Spyskaart & Resepte (met Inkopielyste) vir
Die STANDAARD KARNIVOOR Dieet
Eerstens is dit baie belangrik om te onthou dat ALLES wat jy nodig het om 'n Karnivoor Dieet suksesvol te volg, reeds in Die Karnivoor Dieetboek omskryf is. Die Karnivoor Dieet is jou "basis" - dit leer jou wat en wanneer om te eet en daar is voorbeeld Spyskaarte en Noodsaaklike Resepte.
MAAR as jy nie lus voel om jou eie Spyskaarte vir 'n langer tyd uit te werk nie, dit is waar die Standaard Karnivoor Spyskaarte & Resepte inkom. Die idee is nie om Die Karnivoor Dieeboekt te vervang nie - dit maak slegs EEN van die drie tipes Karnivoor-Dieet 'n bietjie makliker, volhoubaarder en hopelik meer suksesvol vir jou. Standaard Karnivoor is nie so streng en beperkend soos STRENG Karnivoor nie - ons mag nou suiwel (kaas, room, roomkaas, joghurt) inneem, hoender/pluimvee, vis/seekos en heuning!
Standaard Karnivoor kan nog steeds baie beperkend wees as gevolg van die keuse van kosse. Maar dit moet lekker en opwindend wees - en dit is wat ek vir jou gedoen het met die opstel van hierdie Spyskaarte.
STANDAARD Karnivoor Spyskaarte en Resepte sluit in:
* Die basiese toelaatbare kosse vir 'n Standaard Karnivoor Dieet (dws bees, skaap, vark, vette, en sout, MAAR OOK suiwel, hoender/pluimvee, vis/seekos en heuning)
* Uitruilbare Spyskaarte met macro's vir een maand - met hoeveelhede en verskeidendheid (want wie kan heeldag net gebraaide vleis en kaserige kasserols eet?)
* Al die Resepte wat jy nodig het vir die spyskaarte, PLUS 'n paar ekstra handige Resepte!
* Inkopielyste vir elke week - maak dit vir jou maklik om te begroot!
🥩 BAIE BELANGRIK: Ek het nie al die wetenskap, agtergrond en wenke oor Die Karnivoor Dieet as dieetkonse in hierdie boek herhaal nie - hierdie boek se een-en-enigste doel is ADDISIONELE Spyskaarte/Menu's en Resepte om die volg van die Standaard Karnivoor Dieet vir jou makliker te maak. Vir hierdie tipe inligting/wenke, sien asseblief Die Karnivoor Dieet hier:
https://www.lowcarbkombuis.co.za/products/die-karnivoor-dieet/
🥩 Vir STRENG KARNIVOOR Spyskaarte en Resepte:
https://www.lowcarbkombuis.co.za/products/streng-karnivoor-dieet-spyskaarte-resepte/