STRENG KARNIVOOR DIEET 🥩 Spyskaarte & Resepte
Die LowCarb Kombuis het vir julle die Karnivoor Dieet gebring
En nou is daar 'n spinternuwe en opwindende Spyskaart & Resepte (met Inkopielyste) vir
Die STRENG KARNIVOOR Dieet
Eerstens is dit baie belangrik om te onthou dat ALLES wat jy nodig het om 'n Karnivoor Dieet suksesvol te volg, reeds in Die Karnivoor Dieetboek omskryf is. Die Karnivoor Dieet is jou "basis" - dit leer jou wat en wanneer om te eet en daar is voorbeeld Spyskaarte en Noodsaaklike Resepte. MAAR as jy nie lus voel om jou eie Spyskaarte vir 'n langer tyd uit te werk nie, dit is waar die Streng Karnivoor Spyskaarte & Resepte inkom. Die idee is nie om Die Karnivoor Dieet te vervang nie - dit maak slegs EEN van die drie tipes Karnivoor-Dieet 'n bietjie makliker, volhoubaarder en hopelik meer suksesvol vir jou.
Die rede waarom STRENG Karnivoor addisionele Spyskaarte en Resepte benodig, is omdat dit nie so maklik is om verskeidenheid met so 'n beperte hoeveelheid kosse te handhaaf nie - en eentonigheid is ons almal se ondergang. Dit met lekker en opwindend wees - en dit is wat ek vir jou gedoen het met die opstel van hierdie Spyskaart. Dit is natuurlik ook die tipe Karnivoor met die minste koolhidrate - dusis die gewigsverlies ook heelwat meer.
STRENG Karnivoor Spyskaarte en Resepte sluit in:
* Die basiese toelaatbare kosse vir 'n Streng Karnivoor Dieet (dws bees, skaap, vark, vette, en sout)
* Uitruilbare Spyskaarte met macro's vir een maand - met hoeveelhede en verskeidendheid (want wie kan heeldag net bees maalvleis en frikkadelle eet?)
* Al die Resepte wat jy nodig het vir die spyskaarte, PLUS 'n paar ekstra Resepte.
* Inkopielyste vir elke week - maak dit vir jou maklik om te begroot!
LET WEL: Al die wetenskap en agtergrond oor Die Karnivoor Dieet (as 'n konsep) word nie weer in hierdie boek herhaal nie - hierdie boek se hoofdoel is ADDISIONELE Spyskaarte/Menu's en Resepte vir diegene wat hierdie spesifieke tipe Karnivoor wil volg).