Die Karnivoor Dieet 🥩 Waaroor Gaan dit Alles ?
©️ Leanda C Retief
As LowCarb Resep-Ontwikkelaar en -Skrywer, volg ek al die laaste 14 jaar LowCarb (of Lae Koolhidraat) dieetneigings, en elke paar jaar kom daar een verby wat my laat regop sit en bietjie notisie neem. Nie noodwendig omdat die spesifieke neiging maklik is om te volg of omdat mense uitstekend daarop gewig verloor of hulle bloedsuikervlakke beheer nie, maar die wetenskap en toerie (en moontlik ook logika?) daaragter en hoe mense daarop reageer. Ek is al ‘n rukkie bewus van die Karnivoor Dieet, maar het onlangs eers ordentlik daaraan aandag gegee – en ek vind die hele konsep redelik interessant. Hierdie artikel gee ‘n kort uiteensetting van die Karnivoor Dieet – wat presies dit is, wat ons mag eet en watter tipes daar is.
Die heel eerste ding wat jy van Karnivoor met weet, is dat dit slegs een tipe LowCarb Dieet/Lae Koolhidraat Dieet is. En soos jy reeds behoort te weet, definieer Wikipedia ‘n LowCarb Dieet soos volg: Low Carb diets are dietary programs that restrict carbohydrate consumption, often for the treatment of obesity. Foods high in easily digestible carbohydrates (eg. sugar, bread, pasta) are limited or replaced with foods containing a higher percentage of fats and moderate protein (eg. meat, poultry, fish, shellfish, egg, cheese, nuts and seeds) and other foods low in carbohydrates (eg. most salad vegetables), although other vegetables and fruits (especially berries) are often allowed. The amount of carbohydrate not allowed varies with different low carbohydrate diets
Die eerste vraag sal dan wees:
Wat Onderskei die Karnivoor Dieet van Enige Ander LowCarb Dieet?
Die belangrikste is dat Karnivoor IS ‘n LowCarb Dieet, eetplan, leefstylverandering of gewigsverliesprogram.
Karnivoor is baie beperkend en vereis toewyding, aangesien voedingskeuses en verskeidenheid baie beperk is.
Net soos enige ander LowCarb Dieet, verminder Karnivoor die koolhidrate (maar baie meer drasties) en vermeerder die vette – wat ketose, of dus vetverbranding) in die liggaam veroorsaak.
Negatiewe Koolhidrate in Karnivoor-terme sluit in ALLE voedsel van ‘n plantaardige oorsprong, met die uitsondering van Ketovore (sien later). Dus geen groente, slaaie, neute of vrugte is toelaatbaar nie.
Positiewe Koolhidrate in Karnivoor-terme is ALLE voedsel van ‘n dierlike oorsprong, insluitend suiwel (vir streng en standaard) of vis/seekos (standaard).
Karnivoor laat rondom 10g Net Carbs per dag toe.
Daar is drie tipes Karnivoor:
🥩 STRENG KARNIVOOR verwys na die strengste en mees-beperkendste van die drie tipes. Op Streng Karnivoor eet ons basies vleis, botter en water. Die hoofkenmerke van Streng Karnivoor is die volgende:
- Vleis word beperk tot rooivleis, en meer spesifiek herkouervrleis/ruminant meat, of die vleis wat verkry word uit herkouer-diere.
- Die organe van hierdie diere word ook toegelaat.
- Die gebruik van eiers is ‘n persoonlike keuse – party mense vind Streng Karnivoor sonder eiers hopeloos te beperkend, en ander voel dat eiers nie van ‘n herkouerdier afkomstig is nie en daarom nie toelaatbaar is nie.
- Botter word toegelaat as hoofbron van vet.
- Streng Karnivoor steun baie op die gebruik van beenaftreksel – dit is basies die gelatien- en kollageenryke aftreksel wat verkry word deur bene af te kook.
- Verkieslik gebruik van pienk/himalaya sout
🥩 Standaard Karnivoor is nie so streng en beperkend soos Streng Karnivoor nie, en meer kosse en verskeidenheid word hier toegelaat:
- Al die kosse van Streng Karnivoor is toelaatbaar, plus:
- Hoender en ander tipes pluimvee is toelaatbaar, asook die organe.
- Vis en seekos is toelaatbaar.
- Meer suiwelprodukte word toegelaat, soos sekere soorte kaas, room, roomkaas, en joghurt.
- Heuning word toegelaat – ja, want dit is afkomstig van bye en bye word as dierlike oorsprong beskou!
🥩 Keto-Karnivoor/Ketovore is die minste streng en ons verslap die streng dierlike oorspong so bietjie met die toelaat van sommige plantaardige kosse, tot en met ‘n maksimum van 10g Net Carbs per dag. Jy gaan dus hoofsaaklik koolhidrate in die vorm van suiwel of organe inkry (ja, sommige orgaanvleis bevat koolhidrate), maar daar is ruimte vir ‘n slaai of ‘n LowCarb-broodjie.
Nou Beskikbaar!
🥩Die LowCarb Kombuis se Volledige Gids vir die Karnivoor Dieet: Spesiaal vir Suid-Afrikaanse Karnivore, met voedsellyste en voedingsanalises van alle toelaatbare kosse, voorbeeld spyskaarte en resepte:
https://www.lowcarbkombuis.co.za/products/die-karnivoor-dieet/
🥩 Streng Karnivoor Spyskaarte en Resepte
Maak Streng Karnivoor verspot maklik met Een Maand/30 Dae se uitgewerkte en uitruilbare spyskaarte, met alle resepte wat in die spyskaarte gebruik word EN inkopielyste ingesluit:
https://www.lowcarbkombuis.co.za/products/streng-karnivoor-dieet-spyskaarte-resepte/
🥩 Standaard Karnivoor Spyskaarte en Resepte
Maak Standaard Karnivoor verspot maklik met Een Maand/30 Dae se uitgewerkte en uitruilbare spyskaarte, met alle resepte wat in die spyskaarte gebruik word EN inkopielyste ingesluit.
https://www.lowcarbkombuis.co.za/products/standaard-karnivoor-dieet-spyskaarte-resepte/
🥩 Keto-Karnivoor/Ketovore Spyskaarte en Resepte
Maak Keto-Karnivoor/Ketovore verspot maklik met Een Maand/30 Dae se uitgewerkte en uitruilbare spyskaarte, met alle resepte wat in die spyskaarte gebruik word EN inkopielyste ingesluit.
https://www.lowcarbkombuis.co.za/products/ketovore-spyskaarte-resepte/