LowCarb 101 🍅 POSTIEWE EN NEGATIEWE KOOLHIDRATE
LowCarb 101 🍅 POSITIEWE EN NEGATIEWE KOOLHIDRATE
©️ Leanda C Retief
Low Carb/Carbohydrate diets are dietary programs that restrict carbohydrate consumption, often for the treatment of obesity. Foods high in easily digestible carbohydrates (eg. sugar, bread, pasta) are limited or replaced with foods containing a higher percentage of fats and moderate protein (eg. meat, poultry, fish, shellfish, egg, cheese, nuts and seeds) and other foods low in carbohydrates (eg. most salad vegetables), although other vegetables and fruits (especially berries) are often allowed. The amount of carbohydrate not allowed varies with different low carbohydrate diets.
- Wikipedia
Uit hierdie definisie van ‘n LowCarb Dieet, is die volgende duidelik:
‘n LowCarb Dieet is in sy eenvoudigste vorm ‘n eetplan, leefstyl verandering of ‘n gewigsverliesprogram.
LowCarb behels die drastiese vermindering, uitsluiting of vervanging van HighCarb-kosse (Negatiewe Koolhidrate) en vervang dit met LowCarb-kosse (Positiewe Koolhidrate). Negatiewe Koolhidrate is daardie koolhidrate wat vinnig deur die liggaam geabsorbeer word, bloedsuikervlakke vinnig laat styg en daal, in die meeste gevalle min voedingswaarde het, laag is in vesel en dikwels tot gewigstoename lei. Daar is lang lyste van wat nie op ‘n LowCarb Dieet toegelaat word nie, maar kortliks is Negatiewe Koolhidrate die volgende:
- Alles wat SUIKER bevat, soos koekies, koeldrank, lekkers, sjokolade, koek en sommige ontbytpappe.
- Styselryke kosse – gewoonlik gemaak van graan, soos koring, mielies, hawermout, rog. Dit sluit dinge soos pasta en rys in.
- Sekere groentes – soos aartappels, butternut, patat, ertjies, mielies, wortels
- Peulgroentes en gewasse – soos ertjies, boontjies en lensies
Positiewe Koolhidrate is daardie kosse wat min stysel en geen suiker bevat (dit wil sê dit is laag in koolhidrate), hoë voedingswaarde het, hoog is in vesel, as gevolg van die hoër vetinhoud jou langer versadig hou en min of geen invloed het op bloedsuikervlakke. Positiewe Koolhidrate sluit in:
- Diereprodukte soos vleis, kaas, room, joghurt
- Vis en Seekos
- Vette en Olies, insluitend kosse ryk in vet soos avokado, olywe en neute
- Blaargroente en slaaigroente
💕 Sluit aan by ons LowCarb met Leanda Whatsapp Inligting/Wenkegroep:
https://chat.whatsapp.com/LQ7K6kFlB2zGL5QnKR5uUx
💕 Sluit aan by ons LowCarb Kombuis Whatsapp Reseptegroep:
https://chat.whatsapp.com/DTMcCpZqWen6N3i7Ny1p79